15 Nov 2026

Matteus 8:28-34

In die gebied waar die nie-Jode gewoon het aan die Grieke se kant van die meer het Jesus ook nie geskroom om te gaan preek nie.
Ander Jode het die plek vermy, maar nie Hy nie!
Juis in hierdie Griekse plek kom daar toe 2 demoniese besetenes na Hom toe en die demone skreeu na Hom uit.
Die demone en die geestes-wêreld het Hom erken as die Seun van God.
Al het mense dit nog nie besef nie.
Hy dryf toe die onrein demone in onrein varke uit. Net nie-Jode sou varke aanhou vir eet en offers bring maar Jesus laat hierdie demonies besete varke in die see in hardloop en hulle verdrink.
Dit gee die heidense groep mense n geleentheid om hulle geloof in Iemand groter as hulle afgode te sit, maar hulle vra Hom om asb eerder te gaan.
Nie almal wat Jesus hoor en sien wil hulle geloof in Hom sit nie.

Here U regeer!
U is die Seun van God.