11 Feb 2026

Habakuk 3:1-19

As Habakuk n openbaring het van die Almagtige God se krag deur die natuur en Sy soewereine werk in mense, dan skrik die profeet en die vrees van die Here kom oor hom!
Hy besef sy totale afhanklikheid van hierdie Almagtige en daarom breek hy uit in een van my gunsteling liedere:

“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,
al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie,
al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie
en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel,
sal ek juig in God,
my Redder.
Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
Vir die koorleier. Met snarespel.”
HABAKUK 3:17-19 AFR83

U is ons krag!
U is ons Redder!