12 Maart 2026

1 Konings 13:1-34

Na die verdeling van die Koninkryk in twee het Jerobeam wat die 10 noordelike stamme regeer het, n goue kalf in Betel en dan gesit, sodat Israel nie in Jerusalem na die Tempel hoef te gaan nie.
Die Here stuur egter n profeet  om Jerobeam en Israel te waarsku.
Toe die bose koning hom wou gryp het sy arm gevries en so uitgestrek bly staan.
Dit het vrees oor die koning en die volk gebring.
Die profeet het geprofeteer oor koning Josia van Juda wat baie jare later n herlewing sou lei en die altare en priesters van Israel wat vals was sou vernietig. 2 Konings 23

Hy sou selfs die beendere van vals profete en priesters op die altare gooi, daarom verlei die valse profeet die goeie profeet.
Hy wou sy beendere beveilig deur dit saam met die goeie profeet sn te begrawe.

Here mense se selfsug en leuens kan ander vernietig, help ons asb om dit te kan onderskei en U te kan bly volg!
U is die Waarmaker van U Woord.