22 Jan 2026

Markus 1:1-13

Markus begin sy weergawe van die evangelie van Jesus om vir ons te vertel van Johannes die Doper wat herlewing onder die volk Israel gepreek het voor die koms van Jesus.
Hy het die volk gedoop in afwagting van die Messias.
Op so n geleentheid by die Jordaan rivier het Jesus na Johannes gegaan om gedoop te word.

Nadat Johannes Hom gedoop het, het die Heilige Gees soos n duif op Hom neergedaal.
Na Jesus se doop en toerusting met die Heilige Gees is Hy in die woestyn in vir n 40 dae vas waarin die duiwel Hom versoek het.

Here dankie dat U ons voorbeeld is vir doop en om die duiwel te weerstaan!
U is die Geliefde Seun van God!