24 Jan 2026

Haggai 1:1-15

Prioriteite!
Haggai leer ons n beginsel van die Here!
Ons kan nie ons belange, ons huise, prioritiseer bo die huis van die Here en dink alles gaan met ons goed gaan nie.
Al is dit nie n vloek nie, die vloek oor ons is gebreek!
Is daar n beginsel (wat werk soos natuurwette), n geestelike wet: as ons die Here se “Huis”, Sy Koninkryk, eerste stel bo alles wat vir ons belangrik is, dan seën die Here ons bo-natuurlik!
As ons ons eie besighede, huise of belange voor die Here sn stel is dit soos om n beursie met gate in te hê sê Haggai.
Jy mis Sy waarhede en daarom sukkel jy, maar as ons Hom eerste stel en Sy Woord Prioritiseer in ons lewens dan werk goed in ons lewe uit!

Here dankie vir U beginsels al verstaan ons dit nie logies nie wil ons dit steeds getrou volg!
U is ons Here!