14 Maart 2026

Markus 8:1-13

Jesus vermeerder vir n tweede keer 7 brode en n paar vissies en gee 4 000 mense daarmee kos.
Hulle tel 7 mandjies op nadat almal versadig was.

Na die wonderwerk wou die Fariseërs by Jesus n teken hê dat Hy die Mesias is.
Hy gee hulle nie n teken nie want elke wonder wat Hy al gedoen het was tekens genoeg gewees.

Here dankie dat U omgee vir honger mense.
U is die Brood van die Lewe ons ware Messias!