25 Maart 2026

Esegiël 2:1-10

Esegiël se opdrag van die Here is om 'n moeilike boodskap aan Israel oor te dra, waarna hulle in elkgeval nie gaan luister weens die rebellie in hulle harte, nie. Die Heilige Gees kom oor Esegiël om hom by te staan en versterk. Vandag word ons vervul met die Heilige Gees en kom woon Hy binne in ons, ook om ons te lei en versterk in ons roeping.

Here, dankie vir die voorreg wat ons het om 'n inwonende Heilige Gees in ons harte te hê. Dankie dat U ons altyd lei en versterk in die roeping wat U op ons lewe plaas, of dit moeilik is of nie. Mag ons nooit terugstaan om die Heilige Gees se lewende water deur ons na ander te laat vloei nie.

U is ons Krag.