3 Feb 2026

Markus 2:1-17

Jesus is by Sy eie huis in Kapernaum as 4 vriende n verlamde man deur Sy dak laat sodat hulle verby die skare mense in Sy huis kan kom.
Jesus genees die verlamde maar op antwoord vir die kritiese Fariseers vergewe Hy die man se sondes.

Hy roep ook toe vir Levi (Matteus) as dissippel. Soos Levi was daar baie tollenaars en sondaars wat Jesus gevolg het.
Toe die Fariseers daaroor kla:
“Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars.””
‭‭Markus‬ ‭2‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here Dankie dat U sonde vergewe en siekes genees!
U is ons Dokter en Vryspraak!