4 April 2026

Markus 10:35-52

Jesus genees blinde Bartimeus. Hy gooi sy bedelaars-kleed af en volg Jesus. Johannes en Jakobus het 'n onderlinge argument oor wie die belangrikste van hulle is.
Hulle versoek Jesus om hulle eendag in Sy Koninkryk deel van Sy belangrikste maghebbers te maak. Jesus vermaan hulle dat hulle nie die prys kan betaal wat Hy moet betaal nie, maar om 'n heerser in Sy Koninkryk te word, moet hulle dienende leiers word.

Here, maak ook ons geestelike blindheid oop sodat ons kan sien hoe om ander te lei deur hulle te bedien. Ek kies vandag om my naaste te bedien en U goedheid aan hulle te openbaar deur my bediening.

U is ons Dienaar-Leier