20 Maart 2026

Markus 9:1-13

Jesus ontmoet Moses en Elia op die Berg van verheerliking.
Die wet en die Profete (die Ou testament) is wat Hy kom vervul het.
Petrus, Johannes en Jakobus was getuies hiervan al het hulle nie mooi verstaan wat gebeur nie.
Petrus wou Moses en Elia eer en hulle laat tuis voel, maar Vader het weer met n stem uit die hemel bevestig dat Jesus Sy Seun nou die Een is na wie ons moet luister.

Jesus verduidelik toe ook dat die profesie oor Elia vevul is deur Johannes die doper wat die mense kom voorberei het vir Jesus se koms.

Here dankie dat U die vervulling van die Ou Testament is!
U is Genade!