9 Feb 2026

Markus 3:1-19

Al was die Fariseers besig om fout te soek by Jesus vanuit hulle jaloesie op Hom, het Hy op die sabbatdag in n sinagoge n man met n gebreklike hand, ten volle genees.
Dit het tot gevolg gehad dat godsdienstige jode begin beblan het om Jesus te vermoor en ook dat baie mense Jesus begin volg het.

Hy het egter 12 uitgekies as Sy dissipels wat Hy sou leer en dan kon uit stuur: daarom noem Hy hulle apostels, gestuurdes!

Here dankie dat mense en gebruike U nie voorgesĂȘ het wat om te doen nie, maar wel die behoefte van gewone mense!
U is ons Leermeester!