28 Jan 2026

Markus 1:21-39

Jesus genees Petrus se skoonma in Kapernaum nadat Hy daar in die sinagoge gepreek het en n duiwel uitgedryf het uit n man daar.

Jesus maak toe baie siekes gesond en bevry baie van bose geeste!
Daarna spandeer Hy tyd om in die dorpe van Galilea te gaan preek en die mense daar te bedien met genesing en bevryding.

Here dankie dat U ons gesond wil sien!
U is die GeneesHeer!