6 Jan 2026

Rut 4:9-12

Die oudstes (ten minste 10 van hulle) en ander getuies in Bethlehem se stadspoort neem nie net waar dat Boas die Losser is en ook vir Rut as vrou neem nie, hulle seën ook die paartjie.
Hulle wens Boas toe dat Rut soos Ragel en Lea sal wees wat tussen hulle twee vir Jakob genoeg seuns kon gee om Israel as volk voort de dra.
Maar hulle noem ook Tamar die vrou van Juda wat Perez as seun gehad het, aangesien hulle al.al afstammelinge was van Juda en Tamar se seun Peres.

Here dankie dat in U geslagsregister daar mense is soos Boas se ma, Ragab, en Tamar en Lea en Rut!
U gebruik gebroke stories om 'n gesonde heel verlossing te bring!
U is die God van tweede kanse!