Nuwe Lidmate

Stel jy belang in lidmaatskap by ons?

Lewende Woord Centurion is opgewonde oor elke nuwe bekeerling, wie outomaties ‘n nuwe lidmaat van die Kerk van Jesus word.  Ons verheug ons in die feit dat Jesus die enigste weg na versoening tot die Vader is, en die “regte” denominasie nie daardie weg kan wees nie.
 
Ons verstaan ook dat almal iewers wil ‘behoort’ en daarom verwelkom ons gelowiges om offisieël as lidmaat van Lewende Woord Centurion aan te sluit.  Ons gemeente bied ‘n dak waaronder u die gawes en talente waarmee die Here u geseën het, kan uitleef.
 
Indien u oorweeg om ‘n lidmaat te word, en u wil ‘n ingeligte besluit rondom lidmaatskap neem, nooi ons u hartlik om ons Nuwe Lidmaatkursus by te woon.  Datums en tye word deur die afkondigings gekommunikeer en kan ook deur die kerkkantoor bekom word.
VOLTOOI ONS AANLYN AANSOEKVORM DEUR HIERDIE SKAKEL TE VOLG:

Kontak ons gerus indien jy enige vra het.