19 Maart 2026

Jona 4:1-11

Jona is so kwaad vir die Here omdat Hy die bose Nineve gespaar het van oordeel,  dat  hy sommer depressief was.
Soos wat Jona buite die stad op n afstand die plek dophou laat die Here vir hom n plant opkom wat skaduwee bied.
Dit groei bo-natuurlik vinnig oor Jona se kop.
Die volgende dag egter eet n wurm die plant op en dit waai vroeg oggend al weg.
Jona was toe weer kwaad vir die Here en depressief.
Die Here praat toe met Jona en sê: “Is die 120 000 in Ninive nie belangriker as n plant nie?

Here dankie dat ons U genade hart raaksien selfs uit Jona se woorde as hy met U baklei.
U is die Bermartige, die Een met getroue liefde wat Genadig is!