17 Feb 2026

Sefanja 2:1-15

Dit lyk so of hierdie profetiese woord oor Israel se bure noord, suid, oos en wes van hulle nou in ons leeftyd tot vervulling kom.
Assirië is in puin na n lang uitgerekte burgeroorlog.
In Gasa is dit soos die woord sê van die streek se huise het omtrent niks oorgebly nie na die oorlog met Israel.
Moab of te wel Jordanie is nog nie geoordeel nie maar die woord en ook die woord oor Egipte en Afrika (Kussieste)  sal tot vervulling kom.

Here of hierdie woord vir nou of vir die toekoms is, ons sien hoe mense en lande wat teen U kies ten gronde gaan, mag ons vir ons land bid om U te volg en voor U te buig.
U is die Heerser van alle nasies!