31 Jan 2026

Markus 1:40-45

Niemand kon in die Bybelse tyd melaats van gesond word nie.
Boonop was dit aansteeklik en daarom het die mense melaatses uit die gemeenskap verjaag sodat hulle nie alledaagse artikels kon besmet of per ongeluk aan iemand raak nie.

Toe n melaatse Jesus smeek vir genesing,
VAT JESUS AAN HOM!
Niemand vat aan melaatses nie… maar Jesus vat doelbewus aan hom.
Want anders as die Ou Testamentiese siening het Jesus se reinheid en heiligheid die onreine melaatse totaal gereinig en genees.
Nou moes die man na die priester in die tempel gaan om rein verklaar te word, die probleem was egter: al was daar sulke offers het dit nooit gebeur nie!
Daarom cersprei die nuus soos n veldbrand en almal wat siek is soek Jesus op!

Here U doen alles anders as wat mense dink dit gedoen moet word!
U is Rein en Heilig!