10 Feb 2026

1 Koniings 4:1-34

Koning Salomo het n wyse en effektiewe bestuurs-struktuur vir sy koninkryk gehad.
Sy regering was gelei deur goeie amptenare in poste wat in hul diversiteit n baie groot klomp mense en infra struktuur help bestuur het.

Salomo het die land in 12 gedeeltes gedeel en die goeweneur van elke gedeelte moes een maand in die jaar vir die koninklike paleis sorg en kyk dat die perde en vee ook kos het.

Die koninkryk van Israel was nie voor of na Salomo weer so groot soos wat dit was in sy tyd nie.

Here dankie dat U Salomo met wysheid en vrede geseën het!
U is ons Heerser!