5 Jan 2026

Job 34:1-37

Elihu gaan voort met beskuldigings dat Job deur hierdie trauma in sy lewe gaan omdat hy gesondig het en roep oor hom nog swaarder straf uit: Job, jy verdien die swaarste straf vir jou bose praatjies. Want nou het jy by al jou ander sondes ook opstand en godslastering daarby gevoeg.” (36, 37).
Ons weet egter dat die Here self gesê het Job is onberispelik in Job 2:3.

Here, mag ons in swaar tye fokus op U geregtigheid en die feit dat ons deur Jesus regverdig gemaak is, en die waarheid wat U oor ons uitspreek.

U is die God wat ons ken.
U is ons Waarheid

Archive