26 Feb 2026

Maleagi 2:1-9

Die Here spreek die priesters aan en sê aan hulle dat Hy hulle aangestel het om mense te leer en te lei maar hulle doen dit nie.

In die Lig van 1 Petrus 2:9 praat die Here hier deur Maleagi met elkeen van ons as Nuwe Testament gelowiges.

“Julle, egter, is “'n uitverkore geslag”, “'n koninklike priesterdom”, “'n heilige nasie”, “'n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –”
‭‭1 Petrus‬ ‭2‬:‭9‬ ‭AFR20‬‬

Daarom moet ons weer terugkom by Sy Roeping vir ons: om ander te leer van Hom deur ons lewens en ons woorde.

Here help ons om Koninklike priesters te wees wat U gehoorsaam met ons hele lewe!
U is ons Hoëpriester.