9 Maart 2026

1 Konings 12:25-33

Jerobeam bou vir die noordelike 10 stamme van Israel twee goue kallers om te aanbid.

Hy wou nie die weg-gebreekte deel van die volk weer Jerusalem toe stuur vir die pelgrims-feeste nie en daarom maak hy toe vir Israel hulle eie fees op.
Hy laat ook toe enige iemand priester word terwyl net Leviete deur die Here gekies is vir die taak.

Hy sê toe dat die mense in Dan en Betel die kalwe moet gaan aanbid want dit is die god wat hulle uit Egipte gelei het.

Here hierdie misleiding was boos maar die mense kon steeds kies om saam met die afgodery te gaan of nie.
U is die Enigste God!