27 Jan 2026

Haggai 2:1-9

Haggai gee n profetiese woord aan die politieke en die geesteluke leiers van Jerusalem:
Ten spyte van die feit dat die huidige Tempel wat hulle gebou het nie so indrukwekkend was soos die een wat 70 jaar terug vernietig is nie, moet hulle moed skep!
Al was Salomo se Tempel mooier en groter as hulle herstelde probeerslag sê die Here vir hulle dat Sy Gees steeds daar is!
Dan belowe Hy ook dat die Tempel sal in heerlikheid die van Salomo sn oorskrei as Haggai oor ook nog ons toekoms profeteer: die 1000 jaar vrederyk waar Jesus uit Jerusalem gaan regeer en die Tempel herbou gaan staan.

Here dankie dat U nie U Heilige Gees van ons wegneem nie.
U is die Gees van Lewe!