25 Januarie 2026

Markus 1:14-20

Jesus se prediking begin in Galilea!
In daardie tyd roep Hy die vissermanne Petrus en Andreas sy broer asook Jakobus en Johannes.
“Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.””
‭‭Markus‬ ‭1‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Hulle het alles net so gelos en Jesus gevolg!

Om die Here te ken is een ding, maar om Hom te volg beteken dat jy iets moet agter los!

Here ons wil U nie net ken nie ons wil U volg as dissipels!
Wees asb ons sekuriteit en voorsiening?
U is ons Leermeester!
Rabboenie!