7 Feb 2026

1 Konings 3:1-28

Salomo het tydens n aanbiddings tyd n droom oor die Here gehad.
In sy droom het die Here vir die jong koning gevra wat hy sou wou hê in die lewe.
Salomo het vir wysheid gevra.
Dit het die Here so beindruk dat die Here hom toe ook rykdom en alle ander goed daarby belowe het.

Die verhaal van die twee mas met die baba is n illustrasie van Salomo se wysheid wat die volk kon sien en beleef.

Here dankie vir U wysheid wat deur U Heilige Gees in ons leef!
U is die Alwyse Koning!