1 Feb 2026

1 Konings 1:1-53

Die boek begin aan die einde van koning Dawid se lewe.
Hy was so oud dat hulle n mooi meisie as versorger vir hom gekry het.

Adonia die 2de oudste seun van Dawid het homself egter as koning laat salf.
Batseba en Natan die profeet het toe vir Dawid daarvan vertel, want dit was die koning se wens dat Salomo moes koning word.
Met die hulp van die 3 mees invloed rykste mense in Jerusalem is Salomo toe gesalf as koning.
Natan, Sadok die priester en Benaja die hoof lyfwag het toe vir Salomo terug gebring en laat sit op Dawid se troon.
Adonia het toe vir sy lewe gevrees en voor Salomo kom buig en het genade gevind by die nuwe koning.

Here U tydsberekening werk beter as ons eie.
U is die Koning!