5 Feb 2026

Habakuk 1:12-17

Nadat die Here vir Habakuk antwoord op sy klagte oor hoe boos Juda geword het deur vir hom te sê Hy stuur die Babiloniërs, kla Habakuk weer.

Nou kla hy oor die Babeloniërs wat genadeloos volke verower en wegvoer.
Habakuk wil weet of hulle gaan bly weg kom met hulle wreedheid in plundering.

Ons weet egter vanuit die geskiedenis dat die Here hulle wel gestraf het.

Here dankie vir U regverdige tydsberekening!
U sluimer en slaap nie!
U is die Beskermer van Israel!