6 April 2026

Esegiël 6:1-14

Jerusalem in Juda en Israel is alreeds weggevoer in ballingskap as Esegiël weer profeteer dat die wat nog in Juda oorbly ook weer aangeval en weggevoer gaan word, dan waarsku hy hulle oor die gevolge van hulle afgodery.
Swaard en geweld was weer hul voorland en die wat nie omkom in oorlog nie sal of van pessiektes of van honger sterf.

Here mag ons uit Israel se hardkoppige verlede leer om nie enige vorm van afgodery te hê nie.
U is die Enigste God!