14 Jan 2026

Job 37:1-24

Elihu praat verder en sê vir Job:
““Luister hierna Job! Staan stil en gee aandag aan God se wonders.”
Job 37:14 AFR20

Hy beskryf die Ontsagwekkende Groot God as hy oor weer lig, wolke, sneeu, yswind ens. praat wat deel vorm van die Almagtige Skepper se werk.
Elihu maak oor die Here se Almag 'n veronderstelling dat die Here so Groot is dat Hy nie met ons verhouding wil of kan hê nie.

Here dankie dat ten spyte van U Almag U met ons verhouding het en betrokke is by ons alledaagse lewens!
U is ook ons Vriend!