11 Maart 2026

Markus 7:1-37

Jesus spreek die godsdiens en wettiesheid van die Fariseers aan as hulle Hom konfronteer.
Hy bevestig net weer dat die hart van die Moses wette belangriker is as die tegniese reels self.
So byvoorbeeld kan iemand nie hulp aan sy eie ouers wy omdat hy gesê het hy daardie geld vir die Here moet gee nie.

Jesus wys dan Sy hart vir mense deur twee nie Joodse mense te genees wat lei tot baie genesings.

Here dankie dat ons as heidense nasies die voorreg het om van die krummels wat afgeval het van die Joodse tafel, te mag eet.
Ons eet nou die Brood van die Lewe!
U is die Brood wat ewige lewe gee!