19 Jan 2026

Johannes 21:15-25

Jesus herstel weer Petrus se bediening!
Nadat Petrus Jesus 3 keer verloën het vra die Here 3 keer vir Petrus of hy Hom liefhet en 3 keer herstel Jesus vir Petrus in sy herderlike amp.

Johannes beskryf ook dat Jesus vir Petrus oor Johannes vir ons 'n belangrike beginsel leer:
Volg jy die Here self en moenie die hele tyd wonder wat gaan met die om jou gebeur nie.
Johannes was die langslewende dissipel en daarom het sommiges ook Jesus se woorde verkeerd verstaan.
Johannes se boek is 'n liefdes werk van iemand wat baie jare na al die gebeure neergeskryf het wat sy Vriend en sy Redder alles gedoen het.

Here dankie dat U met elkeen van ons 'n individuele vriendskaps pad stap!
U is die God van Wonders!