4 Maart 2026

Maleagi 3:1-18

Die Here soek ons onverseelde liefde.
Ons harte moet toegewyd wees aan ons Here.
Een van die maniere hoe Israel van ouds gewys het hulle is nie meer aan die Here toegewy nie is dat hulle ophou tiendes gee.
Dit het n rippel effek in die Tempel aanbidding veroorsaak: hoe minder geld, hoe minder effektief kan die Here se werk gedoen word.
In die Ou Testament was die terughou van jou tiende vervloek.
Gelukkig ht Jesus die vloek vir ons geword wat elke vloek oor ons gebreuk het, maar die seën van voorspoed en die vensters van die hemel wat sal oop, bly steeds van toepassing vir ons vandag nog as ons hierdie beginsel van 10des toepas.

Waar jy geestelik kos kry (stoorkamer) moet jy help versorg deur jou 10de dan sal jy Sy seën ervaar.

Daar was toe n paar mense wat dit besef het en in berou hulle afhanklikheid op die Here erken het, toe beloif Hy redding.

Here dankie dat U die hoofstuk begin met die belofte dat die Messias gaan kom!
U is die Boodskapper van die verbond!