14 Feb 2026

Sefanja 1:1-18

In die tyd van koning Josia was daar n herlewing in Jerusalem, maar steeds het baie Judeers afgode aanbid, sterre gelees en selfs hulle kinders aan Moleg ge-offer.
Daarom het Sefanja die oordeel wat so tussen 8 & 10 jaar na Josia se regering sou aanbreek, aangekondig.

Die oordeel was verseker oor wat met Juda sou gebeur toe die Babiloniërs hulle wegvoer, maar vir ons is dit net n voorsmaak vir die einde van die tyd as die Here ook Sy oordeel oor die hele aarde sal voltrek.

Here ons vra U weer om genade vir die hele aarde.
U is die Almagtige Regter.