27 Feb 2026

Markus 6:1-13

Jesus word nie in Nasaret, Sy tuisdorp, erken as Messias nie omdat almal Hom daar sien grootword het as n timmerman.

Hulle ongeloof het verhinder dat Jesus daar baie wonderwerke kon doen.

Daarna stuur Jesus toe Sy 12 dissipels uit om bose geeste uit te dryf en siekes te genees.
Dit was soos n reklame veldtog vir die dorpe waar Jesus nog sou gaan besoek.

Here dankie dat U deur ons werk.
Mag ons nie gestuurdes van U minag nie, al ken ons hulle goed, sodat ons geloof saam met hulle sn n kragtige impak sal hĂȘ.
U is God wat Mens geword het!