1 Maart 2026

Maleagi 2:10-17

Die Here verwag integriteit van ons!
Dit begin deur getrou te wees aan die Here.
En dan getrou te wees aan jou huweliksmaat.
Ontrouheid in die huwelik beskou die Here as geweld sonde.
Die Here hou nie daarvan as ons ontrou is en Hom dan blameer vir die ooglopende gevolge daarvan in ons lewens nie.

Here help ons om harts-getrou te bly in ALLE verhoudings maar veral in ons geloof met U.
U is ons Liefdevolle Huweliksmaat!