15 Jan 2026

Sefanja 2:1-15

Die profesie kon net sowel vir vandag geskryf gewees het.
Dit spreek oordeel uit oor Gaza waar die Filistyne woon en ook oor die Moabiete en Ammoniete wat teen Israel opstaan en dit vir die volk wat die Here beskerm moeilik maak.
Self Sirië (Assirië) en Ninive word beskryf as verlate en geplunder: dit is hoe daardie oorlog-geteisterde gebied vandag ook lyk.
Soos die Kussiete (Afrika) ouens van daardie tyd teen Israel gestaan het en swaar gekry het as gevolg van die Here se oordeel so gaan dit vandag nog met al hierdie gebiede om Israel wat steeds in dieselfde gees maar nou onder Islam teen Israel staan.
Dit gaan ekonomies sleg soos Sefanja destyds geprofeteer het.

Here help ons om nie mense teen te staan wat U seën nie!
U is die God van Israel!