20 Feb 2026

Sefanja 3:1-20

Al gaan hierdie oor die eindrye is daar n waarheid in die kollektiewe berou van n groep mense wat weer die Here se oordeel in guns en vergifnis laat draai.

As ons na die Here draai ook in ons vastyd ontdek ons dat Hy besonders lief is vir ons:
“Die Here jou God is in jou midde, 'n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.””
‭‭Sefanja‬ ‭3‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here ons wil saam ons voor U kom verootmoedig.
Dankie vir U guns en vreugde oor ons!
U is ons Magtige Verlosser!