18 Feb 2026

Markus 4:21-41

Jesus vertel nog 2 “saad” vergelykings.
Die eerste gaan oor die oes wat groei sonder die toedoen van die boer.
Vir ons beteken dit dat ons medewerkers is in die Evangelie wat Hy in mense se harte laat groei.

Daarna sê Jesus Sy Koninkryk is soos n mosterdsaadjie: klein in sy begin maar baie groot en effektief as dit eers groei.
Vir elkeen van ons begin ons geloof as iets klein en eenvoudig maar soos ons geloofslewe groei raak die Here talle mense aan deur ons getuienis met ons lewens.

Hierna maak Jesus die storm stil en laat Sy dissipels verwonderd oor Sy outoriteit selfs oor die natuur elemente!

Jesus dankie dat U goeie nuus soos n lamp is wat mens nie onder n maatemmer kan wegsteek nie!
U is die Lig!