12 Nov 2026

Matteus 8:18-27

Op verskillende tye en maniere het die Here dit baie duidelik gemaak vir die wat Hom wou volg, dat dit iets van hulle sou verg.
Al moes hulle los waarmee hulle besig was en besluit om te fokus om Hom te volg!
Die wat Hom wel gevolg het, het nogsteeds n storm beleef. Hy het egter geslaap in die storm.
Toe hulle Jesus wakker maak het Hy die storm stil gemaak met n bevel.
Hulle was verwonderd!

Here ons bly vandag nog verwonderd oor wat U doen vir ons!
Die van ons wat U volg beleef wonderwerke elke dag!
U is die Een wat praat met Storms!