8 Nov 2026

Amos 9:1-15

Genade!!
Al kom daar oordeel oor Israel as gevolg van hulle sonde, gaan die Here nie almal laat vergaan nie!
Hy gaan n oorblyfsel bly red van Israel: hulle wat reg doen sal oorbly.

Verder profeteer Amos oor die vernietiging van die Tempel, Jerusalem en Samaria, maar hy sien ook weer die Here se herstel en op die ou einde die ewige voorspoed van die land.

Here dankie dat ons in ons leeftyd nog n herstel van Israel beleef het, maar ons sien na n millinium uit waar Israel geseën word want U regeer in Jerusalem.
U bly Genade oor ons!