25 Sep 2026

Matteus 2:13-23

Josef, met sy vrou en Baba Jesus, vlug na Egipte nadat die Here n 2de keer met Josef in n droom gepraat het en hom gewaarsku het oor koning Herodus.
Herodus het agter gekom dat die wyse manne uit die ooste hom ontduik het.

Die bose Herodus gee toe opdrag dat alle seuntjies  2 jaar en jonger vermoor moes word in Betlehem.

Na n lang tyd in Egipte verskyn die engel n 3de keer aan Josef in n droom en sê dat Herodus dood is en hulle as gesin kan terugkeer na Israel.
Josef gaan egter nie terug na sy tuisdorp Betlehem toe nie maar na Maria se tuisplek: Nasaret.

Here dankie dat ons sien in die stuk dat ten minste 3 profesië van die Ou testament hier vervul word:
Uit Egipte (Afrika) kom my Seun…
& Jesus sal n Nasarener wees,
& daar sal groot rou in Betlehem wees.
U is Getrou.