24 Sep 2026

Hosea 12:1-15

Die Here maak n regsaak teen Juda en Efraim omdat hulle agter nuttelose afgode aan hardloop.
Hy herrinder Israel dat Jakob ook eens n bedriëer was maar toe die Here begin dien het.
Hy het met n engel geworstel en so moet Israel met die Here stoei en terugkeer na Hom, anders kom daar oordeel vir hulle verkeerde weë.

“Kom terug na jou God toe. Bly getrou aan die Here. Doen wat Hy vir jou sê. Hou Hom altyd in gedagte.””
‭‭Hosea‬ ‭12‬:‭7‬ ‭

Here dankie dat U oor en oor waarsku voor U regverdig straf.
Dit is wie U is:
Genadig!