26 Aug 2026

Jakobus 2:14-26

Ware geloof is n verhouding met die Here waar die persoon prakties sy geloofslewe uitleef in gehoorsaamheid aan die Here!
Anders gesê:
Geloof is doen!
Uit jou geloof gee jy om en help mense, uit jou geloof vertel jy ander van die Here!
Sonder hierdie uitlewings van ons geloof beteken dit eintlik ons het nie geloof nie.
“Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.”
‭‭Jakobus‬ ‭2‬:‭26‬

Here my geestelike geloofslewe het asem nodig soos my lyf suurstof kort, help my dan om armes te versorg en vir ander van U te vertel! Here help ons om U te dien deur ander te dien!
U is ons Lewe!