14 Julie 2026

Esegiël 37:1-14

Esegiël profeteer vir n valei vol dooie bene en hulle begin eers vleis en vel aankry nadat hulle met n groot gerattel nader aan mekaar gekom het.
Dan profeteer Esegiël oor die wind en die ligame begin leef.
Die Here het gesê Israel sal weer leef.
Hulle is wel in Esegiël se tyd as volk dood en weg uit Israel maar hulle sal weer opstaan en leef.

Here dankie vir U Heilige Gees wat ons asem is en ons U maak aanbid!
U is die Asem die Gees wat lewe gee!