12 Julie 2026

Romeine 11:1-24

Israel bly die Here se volk! Hy het nie Sy rug op hulle gedraai nie.
Daar is egter baie van hulle wat hulle rug op Hom gedraai het, maar daar is n oorblyfsel wat Hom dien.

Paulus beskryf Israel en als wat hulle ons bied bv. die Ou Testament, as die mak Olyfboom waarin ons, met ons bekering, inge-ent word.
Deel van ons as heiden nasies se doel is om Israel weer terug te kry by die Here en vir hulle nederig te bid.

Here dankie dat ons nou deel van U volk kon word deur Jesus se bloed.
Nou is ons n nuwe loot inge-ent in die mak olyf van alles wat U beloof het!
U is die Here van die Leƫrskare!