1 Junie 2026

2 Konings 10:1-36

Jehu vervul die profesie wat Elia baie jare voor hom geprofeteer het en vernietig die huis van Agab totaal en al.
Hy maak die 70 seuens van Agab dood sowel as hulle van Juda wat Agab ondersteun het en almal in Samaria wat saam met die bose koning was.
Verder vang hy albdie Baal dienaars uit deur te sê hy gaan Baal nog meer dien as Agab, maar as hulle bymekaar kom maak hy al die baalpriesters en aanbidders dood en verander die Baal tempel in publieke toilette.

Jehu hou egter steeds die goue kalwe wat Jerobeam laat opstel het vir Israel om te dien.
Hy regeer 28 jaar oor Samaria en Israel.

Here somtyds moes U uit genade n genarasie vernietig omdat hulle so boos was. Help ons om ons generasie heilig en reg te hou en nie met die wêreld kompromië aan te gaan nie.
U is Waarheid!