29 Mei 2026

2 Konings 9: 1-37

Elisa salf generaal Jehu tot koning. Hy bring woord van die Here dat Jehu die hele koninkshuis van Agab sal vernietig. Hy profeteer ook Isebel se grusame dood aan.

Jehu vertrek onmiddelik en net buite Jisreël skiet hy koning Joram van agter af tussen die blaaie en hy sterf daar. Daarna is koning Ahasia van Juda ook geskiet.

Isebel is daarna van ń boonste verdieping van die paleis by die venster uitgegooi en so vertrap deur die perde dat daar niks van haar liggaam oorgebly het om te begrawe nie, net soos Elia voorspel het in 1 Konings 21:23. Die uiteinde van haar gruwelike sondes het haar en die hele koningshuis tot ń val gebring.

Here, ons sonde het gevolge, soms grusame gevolge. Mag ons uit eerbied en ontsag vir U ons lewens rein hou. Dankie dat Jesus vir ons sondes gesterf het en ons met vrymoedigheid in U troonkamer kan ingaan om U alleen te aanbid.

But thou, O LORD, art a shield for me; My glory, and the lifter up of mine head.
Ps 3:3