22 Mei 2023

Romeine 1:18-32

Paulus begin oor die oordeel oor sonde leer.
Hy gaan in 3 hoofstukke 4 tipe maniere uitlig wat mense hulle self wil red.
Die 1ste sondige en nuttelose manier van mens is afgodery.

As mense die skepsels aanbid instede van die Skepper loop dit op dood uit.
Elke vorm van afgodery, of dit beelde, die natuur of mense se eie wil en ligame is, sulke mense sal oorgegee word aan hulle eie begeertes.
Instede van reg doen sal hulle doen wat hulle dink reg is en so losbandig lewe.
Hulle sonde sal onnatuurlik wees en die Here se woede en oordeel ontlok.
Ons is ook nie veronderstel om eers sulke sonde wat kom van mense wat hulself aanbid, goed te praat nie.

Here help ons om heilig te leef!?
Ons kan dit net deur geloof doen!
U is Genade!
Die Enigste God!