12 Mei 2026

Esegiël 18:1-32

Die Here sê baie duidelik dat elke persoon verantwoordelik is vir sy eie pad met die Here.
Ons en die Jode is nie gered of veroordeel op grond van ons ouers of ons agtergrond nie.
Jou eie verhouding met die Here is nodig.
Jy moet geregtigheid soek.
Jy, elkeen van ons self, moet jou bekeer van jou sonde en self reg leef voor die Here wat jou dan sal vryspreek op grond van die genade van Jesus ons Verlosser.

“Maar die persoon wat sonde doen, hy sal sterf. 'n Seun sal nie die sondeskuld van 'n vader dra nie, en 'n vader sal nie die sondeskuld van 'n seun dra nie. Die geregtigheid van die regverdige sal op homself van toepassing wees, en die goddeloosheid van 'n goddelose sal op homself van toepassing wees.”
‭‭Esegiël‬ ‭18‬:‭20‬ ‭AFR20‬‬

Here al word ons beinvloed deur ons grootword omstandighede moet elkeen van ons self n bekerings besluit maak en elkeen van ons met U in n liefdes-verhouding staan!
U is ons Verlosser!