8 Des 2025

Johannes 17:1-26

Hierdie gebed van Jesus in die bokamer net voor Sy arrestasie in Gethsemane, is so besonders!
Dit verheerlik Vader God!
Dit beeld Jesus se hart uit oor hoe Hy vir ons die Waarheid gee en ons wat in Hom glo nou aan Hom behoort!

“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus.”
‭‭Johannes‬ ‭17‬:‭3‬ ‭

Die liefde tussen Vader en Jesus waarvan ons nou deel word is ook 'n tema in die gebed.
Met Sy liefde vir ons is daar ook vir ons voorbidding vir vervolging wat Jesus weet sal kom as ons Hom dien!

Here ons wil U so bly verheerlik:
“En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.””
‭‭Johannes‬ ‭17‬:‭26‬ ‭AFR20‬‬

U is Liefde!

Archive

 2025