4 Des 2025

Eksodus 40:1-38

Moses rig die Tabernakel op nadat alles sorgvuldige gebou is.
Hy salf die hele Tabernakel en toebehore sodat dit heilig, afgesonder vir die alleen gebruik van die Here, kan wees.

Die Here ontmoet toe die volk daar deur Sy Heerlikheid te laat skyn oor die ark en die Tabernakel.
“Die wolk van die Here het gedurende die dag oor die tent gehang en snags was daar vuur oor die tabernakel. So het dit dwarsdeur Israel se reis gegaan.”
EKSODUS 40:38 NLV

Here dankie dat U die volk gelei het deur U Heerlikheid aan te laat beweeg as hulle moes skuif.
Maar vandag woon U Heerlikheid, U Heilige Gees, in ons!
U lei ons van binne!
U is die Shekinah Heerlikheid!
U is die Vuurkolom snags en die Wolkkolom bedags!

Archive

 2025